Op 30 September, ATKV -Bywoning vandag in Centurion, PTA die toneel was opgevoer deur n paar talentvolle dames, aan verskillende skole.
Die aanbieding,vd toneesltuk was omtrent “boelie”.”Die produksie vertel die storie van Bella n kreatiewe 12 jarige meisie wat geboelie word omdat sy anders is.
Met die hulp van haar ouma se stories reis sy deur fantastiese verbeeldingswerelde, waar sy leer om boelies te verstaan en selfvertroue te vind”. Die opvoering, toneelstuk & karakters het die aandag vd die kinders, so vasgevang! Jy kon die emosies op hul gesiggies sien.
Hulle was so ingetrek by die toneel,iewers kon jy hoor hoe gil hulle, jy kon n goedkeur of afkeur hoor!Die eind produk was dat ons kinders die boodskap ontvang het & nie n boelie sal wees nie,ook nie iemand anders boelie nie. Welgedaan aan ATKV & n spesiale dankie aan Mnr Melvyn Tobias,vir n taak wel uitgerig!!Ons is trots, Afrikaans & bid dat meer toneelstukke by skole opgevoer sal word om ons leerlinge bewus te maak dat “boelie” nie cool is nie.
Weereens dankie ATKV vir n wonderlike aanbieding & dag!! Byvoorbaat dankie,Mev. Priscilla Colledge(Sekretares-QLTC & Convener Brenda Johnson en Chair Donovan Koopman
Beeld voorsien








